Ons slag Karoo lam, ontwikkel en verwerk hoë gehalte waarde toegevoegde vleisprodukte vir die vleishandel en geriefsmarkte duer middle van vennootskappe met Produsente en klante.
Meatlands is 'n wêreldklas vleisverwerker. As markleier voorsien ons gehalte werk vleis van oorsprong aan verbruikers in al vier windrigtings - nasionaal en internasionaal. Ons vleisprodukte en geriefsvoedsel is hoog in aanvraag, omdat higiene, kwaliteit, beskikbaarheid en lae koste ons leuse is.
Produsente van oor die hele Karoo is verseker van die beste pryse en prima diens. Hulle is trots om met hierdie simbool van betroubaarheid en integriteit in die vleisbedryf geassosieer te word en met ons sake te doen.
Ons slaglyn gebruik die beste tegnologie, loop teen volle kapasiteit en word beman deur 'n span gelukkige en entoesiastiese werkers. Samewerking tussen departemente is hartlik en kreatiewe denke kenmerk optrede op bestuurs - en grondvlak. Met hierdie toegewyde werksmag word al ons karkasse verwerk om maksimum waarde toe te voeg.
Vir sy personeel is Meatlands soos 'n skadukol in die skroeiende Karoo, 'n gesogte werkgewer wat sekuriteit en werksbevrediging bied. As windsgewende en groeiende besigheid, sien ons om na ons werkenemers se lewensstandaarde, maar verseker ook dat die hele Karoogemeenskap deel in ons sukses.